Eagle wings is gebore in 2010, waar ek een nag gesit en wonder het hoe kan ek help ,om kinders in ons omgewing kos te gee.
Baie kinders het swaar gekry , ek het by n winkel gaan brood koop toe 3 Jong kinders ouderdomme tussen 6 en 9 jaar my vra of ek vir hul kos kan koop, want hul het niks om te eet in die huis nie.
Die volgende dag het ek met vroue begin praat, om te help, dat ons 3 keer n week kook en kinders begin kos gee. So het ons begin met 20 kinders en op die oueinde was daar 110 kinders en bejaardes. In tussen het ek gewerk en dan die geld gebruik om aankope te doen. Daar was ook vroue in ons gemeentskap wat gehelp het met donasies en ook help kook en aflewerings gedoen het.
So het ons ook op gemerk dat die plek Mooihawens ook gesukkel het. Dit is n ou skool gebou wat hulle ook gebruik het vir hawelose mense.
Op daardie stadium het die plek baie agteruit gegaan.
Na baie gesukkel en gebed het Eagle wings oorgeneem .
Die groot werk het begin, om skoon te maak en tussen deur kinders kos te gee.
God is en was nog altyd net goed vir ons.
Ons het boortgate oop gemaak en water tank opgesit, ons gebruik nou boorgat water. Ons gebruik ook donkies wat ons stook vir warm water. Ons het wel prepaid krag wat ons gebruik vir boorgatpomp vir water en ligte in sitkamer vir TV en ook wasmasjiene en ons vrieskaste.
Ons mense kry eerste opsie om klere te kry wat geskenk word. Daarna verkoop ons van die klere om ons krag te betaal. En ook aankope te doen vir kos en verbeterings.
Ons het geen hulp van staat nie en het ook nie vaste donateurs wat elke maand ondersteun nie. Ons het wel gereelde donateurs wat ons ondersteun en ons so dankbaar is voor ,want sonder hulle ondersteuning sou ons dit nie kon doen nie.
Die skool gebou is geopen 22 April 1924 waardaar 24 leerlinge was. Ons gaan ook probeer om n fees te reel in April 2024 dan is die gebou 100 jaar oud.
Ons probeer om hierdie gebou so netjies as moontlik te hou .
Ons het n kleuterskool vir ons kindertjies wat so rukkie terug oor gedoen is , deur Rotery club. Daar het ons 2 vroue wat help om ons kinders skool gereed te kry. Ons mense word 6 maande gegee om werk te kry en dat help ons hul om uit te beweeg. Ons gee ook beddens ,bedegoed ,gordyne en breek goed vir hille om n begin te maak. Ander is Langer daar tot hul werk het. Ons bejaardes bly by ons, tot hul voel hul moet uit beweeg. Anders is ons hulle laaste tuiste. Waar ons al n Paar van asked geneem het.
Ons gee 3 etes n dag. Pap en melk in die oggend, middae toebroodjies en aand ete bord kook kos.
Die aanvraag vir blyplek is geweldig groot.
Ons beplan om later nog hout hout huisies op te sit.
Ons geboue moet geverf word en ook ons dakke. Ons kamers binne sodat dit netjies bly. Ek wil net baie dankie se aan al my donateurs wat help om ons aan die gang te hou. Ons waardeer julle opreg.
Skakkel Jackie Brits by 079 104 7320, or e-pos na jbrits582@gmail.com